Oggend (Silwer)
Die dag se breek lê vars op die horisonlyn waar helder sonskynstrale soos goud in die lug verskyn. ‘n Voëlgesang van jubel klank in simfonie op; ‘n koue somersbriesie streel deur die hare op my kop. Ek teug die kraakvars lug tot daar waar asem brand ‘wyl ek die oggendstond besigtig van elke […]
My prisma in Sy lig (silwer)
So is die mens dan, ‘n prisma sonder lig; steenkool onbewerk geen heerlikheid in sig. ‘n Simbaal sonder klank wat stil in weëmoed wag, ‘n viool sonder snaar wat stom na klanke smag. Maar Hy kom met genade, Sy woorde val in kleur en laat viole en simbale klank is soete geur. […]
Uitdagings stil geen hongerte
hy sit staan teen die muur kleine “valcro” koppie die lewe se uitdagings meskien te veel geraak in sy oë lees ek hongerte iemand wat opsoek is na liefde miskien het uitdagings hom gebring tot hier terwyl in sy geheue vars gedagtes aan ń ouma wat hom probeer groot maak maar nie veel het om […]
My bootjie van hoop
MY BOOTJIE VAN GENADE die luggie is koel en rustig en stil dis ń vars nuwe jaar, deur God se wil my gemoed is soos die branders, effens geskommel my eggo voel maar met tye ń bietjie verfrommel sommige mense verstáán die gevoel ander het nie ń idéé van wat jy bedoel sekere […]
KAN ‘N MAN DAN NIE
KAN ‘N MAN DAN NIE Geskryf deur Fanus Strydom 1769 woorde “Laudate…!” kommandeer Dorothy Moolman ons tot orde en timmer verbete met haar stokkie op die podium voor haar, “ek het ʼn belangrike aankondiging…”. Die gezoem bedaar effens en ons skuifel haastig in ons onderskeie groepies in: basse agter, dan tenore, alte in die […]
Mondig in Gesondheid
Een en twintig jaar iemand se gesondheid verjaar so vonkelnuut soos ń sikspens beleef ek my gedagtes buite die grens van blydskap vars in my geheue staan ek dankbaar verleë aan genade beslis was dit geen bravade kraaknuut in my menswaardige bestaan is alles verslaan bruis opgewondenheid in lewenslustigheid soveel jare speel Hy die rol […]
Wording (goud)
As ek aan iets kon vashou sou dit aan jou wees ek sou diep in jou hart inkruip myself in ‘n warm kamer embrio my oë styf toemaak en iets doen soos net asemhaal of bietjie bid ek sou doodstil daar lê tot jou oggendson ‘n nuwe lewe oor my lyf kom verf. © 01/2023 […]
Tydig (goud)
‘n Tydgod het haar gevang met ‘n droom naby ‘n waterstroom want jy is die sout van haar aarde omdat jy haar taal kon bemeester elke horrelklank elke grypwoord elke krom lettergreep het jy verstaan selfs toe stiltes swart kepe in haar asem kap het jy geweet hoe om haar los te skeur uit haar […]
Nuwe hoop
Nuwe hoop ń nuwe jaar, bring ń splinternuwe droom; kraaknuut hang wense, aan die oujaar se soom. Gekneus deur die hande van gister se spyt, sleep hoop sy voete na môre in vonkelnuut-tyd. ©️Drienie Joubert Kelly
JANUARIE
Nuwe jaar word triomfanklik gevier. vonkelwyn wat borrelend die nuwe voornemings bedlêend die nuwe jaar instuur 1 wat vonkelnuut kon staar na die syfers twaalf uur. verarm hulpeloos is tyd ons vyand of was dit die vonkelwyn geleen vir n nuwe jaar in jou hand moenie huil my liefling ek het n geleende vyf rand. […]