hartklopdissselboom
ek wil nie weer
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
jou hartklop verloor,
ophou hoor
nie
néé
hierdie keer
gaan ek deur jou
lente-are bloei,
somervrug versoet,
já,
selfs in herfsblaar,
dieprooiwarm koolgloei,
en sou …
winter bibberspoor
ongenooid kom,
sál ‘k koesterwarm
onder jou vaal basjas
wegkruip
want só
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
sal ek jou hartklop
nimmer weer verloor
Elizabeth