Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2019 projek – Humor

Beste Inkers

Hierdie maand ondersoek ons die genre van humor en komedie.
Digters:

Skryf ‘n humoristiese gedig in eie styl. Daar is géén voorskrifte nie behalwe dat die komies moet wees.

Verhaalskrywers:

Skryf ‘n komiese verhaal oor iets snaaks wat in ‘n kerk kan gebeur of wat jy reeds in ‘n gewyde atmosfeer ervaar het.

Rubriekskrywers:

Skryf ‘n rubriek met die titel: “Humor vir ‘n verslae gemoed”

Artikelskrywers:

Doen bietjie navorsing en deel met die leser die terapeutiese voordele van komedie vir die psige.

Gorrelskrywers:

Gorrel onder die titel: “Dit was gatskeur snaaks.”

Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Die kar op my gat

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2019 8

Die dames van die Namibiese Trofeejagvereniging sit en gesels in hul middagete. Daar is Almut, die Hoofbesturende Beampte, Gerida die ontvangsdame en Marso, Almut se regterhand. Hulle praat oor die dag se gebeure en die vereniging se lede so soms selfsugtige optrede. Dan gaan dit oor…

HOOFLETTERS IN ROOI

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2019 6

HOOFLETTERS IN ROOI

Die rooi hoofletters verwond haar teer gemoed. Dit voel asof daardie rooi skrif deur hul skoenlapperligte-verhouding sny. In die agtergrond is ‘n baba wat huil, ‘n kind wat skreeu en ‘n hond wat blaf. Die gedagte aan ‘n swak ma wees, lê vlak en rou.

Dat…

RUBY

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2019 9

Telkens wanneer ek vooroor strek
begin my mondhoeke wyer trek.

Dan onthou ek weer die dag
saam met klein Ruby in die bad.

Sy babbel borrels soos sy praat,
handjies wys dan hier, dan daar,
toe sy skielik stop, fronsend staar
en gil – Ouma jy het lippe op jou maag!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 88 gaste aanlyn

Bydraes – Argief