Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2021 – Oordenkingsprojek

Beste INKers

Ek wens een en elkeen wie Paasfees gedenk, ‘n geseënde en heilsame fees toe. Mag die samesyn, die herdenking en oordenkinge vrugbaar wees in jul gees. Dié INKers wat nie Paasfees herdenk nie, mag dit vir julle ‘n veilige en kosbare ruspose wees in ‘n besige jaar.

Hierdie maand wil ek die Pase gebruik as metafoor vir ‘n periode van oordenking, as projek. Selfs dié lede wat nié aan die gebruik deelneem nie, kan ook aan die projek deelneem. Dit is nie noodwendig ‘n geestelike (godsdienstige) projek nie. Gebruik die stil word, introspeksie en herdenking van iets groter as onsself as ‘n vertrekpunt vir jou skrywe.

GEDIGTE:
1. Nie langer as 10 reëls nie.
2. 2 Kwatryne en ‘n koeplet.
3. Ten minste 2 neologismes wat onderaan jou vers omskryf moet word in ‘n voetnota.
4. Enige rympatroon of vryvers.
5. Tema: Oordenking
6. Jou titel mag nie “oordenking” as ‘n enkelwoord wees nie.

GORREL:
1. Nie langer as 400 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling aan langs jou titel in hakies.
3. Tema: Oordenking

RUBRIEK:
1. Nie langer as 400 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling, in hakies, langs jou titel aan.
3. Tema:. Maniere om in oordenking te tree. Meditasie ens.

ARTIKELS:
1. Skryf ‘n goed nagevorsde artikel oor die verskillende maniere waarop mense regoor die wêreld Paasfees herdenk.

VERHALE:
1. Nie langer as 800 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling, in hakies, langs jou titel aan.
3. Tema:. Paasfees (enige fees egter) in die jaar 2121. 100 jaar van nou.

Skryf in Afrikaans, dit is die moeite werd

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

(Woordtelling 400) Na ʼn jaar van gedwonge inperking en probeer om nie in die openbaar te hoes nie, kyk ek bietjie terug en tel my seëninge. Skoonseun was veronderstel om Januarie 2020 by ʼn lugredery te begin werk, maar omdat die maatskappy onder geldelike stremming was, is alle nuwe aanstellings en opleiding onmiddellik opgeskort. Natuurlik […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed