Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2021 – Oordenkingsprojek

Beste INKers

Ek wens een en elkeen wie Paasfees gedenk, ‘n geseënde en heilsame fees toe. Mag die samesyn, die herdenking en oordenkinge vrugbaar wees in jul gees. Dié INKers wat nie Paasfees herdenk nie, mag dit vir julle ‘n veilige en kosbare ruspose wees in ‘n besige jaar.

Hierdie maand wil ek die Pase gebruik as metafoor vir ‘n periode van oordenking, as projek. Selfs dié lede wat nié aan die gebruik deelneem nie, kan ook aan die projek deelneem. Dit is nie noodwendig ‘n geestelike (godsdienstige) projek nie. Gebruik die stil word, introspeksie en herdenking van iets groter as onsself as ‘n vertrekpunt vir jou skrywe.

GEDIGTE:
1. Nie langer as 10 reëls nie.
2. 2 Kwatryne en ‘n koeplet.
3. Ten minste 2 neologismes wat onderaan jou vers omskryf moet word in ‘n voetnota.
4. Enige rympatroon of vryvers.
5. Tema: Oordenking
6. Jou titel mag nie “oordenking” as ‘n enkelwoord wees nie.

GORREL:
1. Nie langer as 400 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling aan langs jou titel in hakies.
3. Tema: Oordenking

RUBRIEK:
1. Nie langer as 400 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling, in hakies, langs jou titel aan.
3. Tema:. Maniere om in oordenking te tree. Meditasie ens.

ARTIKELS:
1. Skryf ‘n goed nagevorsde artikel oor die verskillende maniere waarop mense regoor die wêreld Paasfees herdenk.

VERHALE:
1. Nie langer as 800 woorde nie.
2. Dui jou woordtelling, in hakies, langs jou titel aan.
3. Tema:. Paasfees (enige fees egter) in die jaar 2121. 100 jaar van nou.

Skryf in Afrikaans, dit is die moeite werd

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

hoekom Pase (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 29 April 2021 16

hoekom Pase

Paasnaweek beteken vir baie slegs bonteiertyd
vakansie word beplan en motors word gepak
feestelik opgeruimd met eetgoed tot teen die dak
die Paashaas versteek eiers orals in mallejolyt

heel vergete ons was eens slawe van die sonde
tot die blye tyd toe Jesus vir ons sou kruishang
die idee aan Sy bloedsweetpad…

Meditasie as medikasie

Deur Datum gepubliseer: 29 April 2021 18

(woordtelling 397)

As ek my familie en Christen-vriende moet glo, is ek verseker met haastige treë op die breë pad na daai gevreesde warm plek want sien, meditasie is mos iets van die bose. Joga ook, al beoefen ek nie Joga nie maar eerder Pilates. Vir die oningeligde is dit…

Om te eier of nie te eier nie

Deur Datum gepubliseer: 29 April 2021 20

Paasfees is ‘n wêreldwye fees alhoewel nie almal dit op dieselfde manier vier nie. Die eerste Christene het Paasfees “Pasga” genoem, ‘n Hebreeuse woord. Waarvan die oorgrote meerderheid van Christene dalk nie bewus is nie, is dat die oorsprong van die woord “Easter” afgelei is van die godin se…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 135 gaste aanlyn

Bydraes – Argief