Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2022 – En toe … projek

Beste INKers

Die oorhoofse tema hierdie maand is: “En toe?…”
Elke afdeling het spesifieke opdragte en dit gaan streng gekrit word.

GEDIGTE:
1. Nie meer as 12 reëls nie.
2. Maak gebruik van ‘n vasgestelde rympatroon. (Dit is jou keuse hoe só ‘n patroon sal lyk)
3. Jou titel mag NIE “En toe?…” wees nie.

GORREL:
1. Nie meer as 400 woorde nie.
2. Gebruik die tema om iets oorspronliks te skryf.
3. Die titel mag nie die tema wees nie.

ARTIKEL:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis wat deur ‘n enkele daad veroorsaak is.
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

RUBRIEK:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. “En toe?…” “lag die skare!”
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

VERHALE:
1. Nie meer as 800 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n verhaal te skryf.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Beste INKers Hierdie maand het ek begin gebruik maak van nuwe sagteware ware spraak na teks oorsit wat in ontwikkeling is. Daar mag dalk klein spelfoute, geen punktuasie en soortgelyke foute in die kommentaar opduik. Ek vra julle geduld met hierdie proses. Soos die ontwikkeling verprefek word sal sulke foute minder en minder wees in […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed