Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2022 – En toe … projek

Beste INKers

Die oorhoofse tema hierdie maand is: “En toe?…”
Elke afdeling het spesifieke opdragte en dit gaan streng gekrit word.

GEDIGTE:
1. Nie meer as 12 reëls nie.
2. Maak gebruik van ‘n vasgestelde rympatroon. (Dit is jou keuse hoe só ‘n patroon sal lyk)
3. Jou titel mag NIE “En toe?…” wees nie.

GORREL:
1. Nie meer as 400 woorde nie.
2. Gebruik die tema om iets oorspronliks te skryf.
3. Die titel mag nie die tema wees nie.

ARTIKEL:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis wat deur ‘n enkele daad veroorsaak is.
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

RUBRIEK:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. “En toe?…” “lag die skare!”
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

VERHALE:
1. Nie meer as 800 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n verhaal te skryf.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Stille waters Silwer 350 Woorde April projek

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2022 8

Die wilger se takke hang laag oor die rivier. Rippelwatersirkels vorm en klok wyd voor dit stil saam met die vloei verdwyn.Ek sluit my oë.
Jou klokkielag sny helder deur die oggendmis. Modderspore vorm waar ons aan die kant van die wal paddavissies met ‘n net probeer skep. Gillend hardloop…

Loslappie

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2022 12

Ek wou nie weer skryf
nog ‘n keer die seer met pen verdryf
ek wou nie weer trane stort
nog ‘n keer glimlag asof niks skort
ek wou nie weer lag
nog ‘n keer my mondspiere verkrag
ek wou nie meer lewe
nog ‘n keer al die pyn belewe
en toe,
Loslappie met jou vuil overall,
skryf ek, lag…

Terugkom

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2022 10

Terugkom

My vierjarige kleinkind vra
ouma kan mens terugkom aarde toe
as jy eers in die hemel is?
ouma is stomgeslaan oor die diep vraag
maar hoor die woorde uitkom
ja my kind mens kan
mense kom as engeltjies terug aarde toe
maar die kind is nie tevrede nie
nee, sy wil nie hemel toe gaan nie
sy wil…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 134 gaste aanlyn

Bydraes – Argief