Jongste aktiwiteit:

ProjekteAugustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek

Hierdie maand se opdrag lyk soos volg:

Digters: Skryf ‘n gedig, nie langer as 12 lyne nie, met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ Die tema hoef glad nie jou titel te wees nie maar moet slegs gebruik word om jou gedig tematies te dryf.

Jy sal ook ekstra krediet kry vir die gebruik van unieke koppelwoorde en nuutskeppinge.

Maak seker dat jy die basiese reëls van poësie nakom nl. spelling, gebruik van leestekens, gebruik van hoofletters op die regte plekke ens. Daar hoef geen spesifieke rympatroon te wees nie maar dit is aanvaarbaar indien jy daarop besluit.

Skrywers: Skryf, in nie meer as 800 woorde nie, ‘n kortverhaal (gorrel, artikel) met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ óf ‘Die seisoene draai’. Maak seker dat jy die basiese reëls nakom.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Woordgroete
Projekbestuurder

Baie geluk aan die volgende lede GEDIGTE: 1 ste plek: Viooltjie met Vlieg is vir die voëls 2 de plek: Caren Kearley met Tussen seisoene 3 de plek: Anzé Bezuidenhout met Kerende seisoen Eervolle vermeldings: Anzé Bezuidenhout met Seisoenspore Palet met Dig en diep VERHALE: – Geen (nie tema opdrag nagekom nie) Baie geluk aan […]

die winterwind huil oor kaal gebarste aarde slaan vas teen toe ruite poele lugspieëling water wink blink in ver paadjies daar buite buite mens en dier se bereik ‘n boer val smekend in die stof sy oë moeg na die hemel gestaar tog kyk hy op bring hy steeds lof sy woorde deur die wind […]

God se vinger pluk ‘n koel bries en sprinkel oor die krummel droëë blare korreltjies goud en silwer towerkrag ‘n herdruk met ‘n nuwe omslag Aan die donkerkant van hoop lê winter koud die vensters is op knip sodat geen onheil daardeur kan glip Langs die gruis vaalpad in die maan se skyn ‘n swart […]

Steel die vormlose skaduwees wat my heel winter lank volg hoor ek hoe verlate krete roep Lenteontdekking … … Somersvreugde … Herfsbegrip Winterskombers … Ek probeer warmte soek onder jou krul’vlerk my lag is nog vasgevang in die ys van my koue lyf Voel ek jou hartklop waar somer skaam sy kop ontbloot breek die […]

wyl witstamberke se blare geel raak, die druif se blad tot roesbruin kom die berg se piek so effe skuins leun, geëts teen blou en amperwinterson – pryk amber akkerbome so laatherfs loofverlore, staan straathoek bedelaars in komberse toegemaak en weerklink deur endlersale* sang in vele tale – word pepermossies* uit nuwe monde hergebore © […]

Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan – langs die pilaar wat toe nog geel was. So, asof hy vreemd was aan daardie welbekende plek. Só asof hy van alles wou vergeet. En ek was te jonk om te weet – dit was […]

… sal olifante – swaar van voet – steeds teen rante en oor vlaktes loop, en sal hul sagte hout en purper bas van kaaltaak kremetarte stroop. … sal ‘n kolgans vlug deur skemer lig en kwêlaswerms oor die water vee. ‘n Grootlangtoon sal weer sirkels vlieg, die kiewiet (dalk) ‘n bietjie harder skree. … […]

Suis stil die geruis van die boom sag en strelend in my ore wanneer die skemer spoel oor ‘n lente droom Proe reeds die onkeerbaar soet in die bries van die wind en ek ruik die bloeisels in die vroeë oggend uur Soos seisoene draai in die heelal se sterreskyn trek die wingerde groen mantels […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed