Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Vuurdans

Deur Datum gepubliseer: 8 Augustus 2018 11

In lentefleur-trans
dans vuurfeeks verleidelik
deur winddroog grasveld

©Loretta Szikra

Rook en Kersiebloeisels

Deur Datum gepubliseer: 8 Augustus 2018 28

Die swaard val uit haar hand uit. Dit is verby.

Yuki kan nie glo dat sy gefaal het nie. Die katana glim in die dowwe lig van dagbreek. Haar opponent se donker oë bly emosieloos.

Sy kan nie glo dat hierdie vreemdeling die geheime van die swaard beter ken as…

Son dank

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2018 27

gletser water drup
somer sonskyn bevrydend
winter selle oop

©Vossie

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 683 gaste aanlyn

Bydraes – Argief