Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2019 projek – Wilde wind

Neem die INK-lesers op ‘n tydreis met jou inskrywing vir die Julie-projek. ‘n Reis in Tyd

Wees kreatief Tema: Wilde Wind

Dit kan letterlik of figuurlik wees. Die verhoog is joune!

• Gedigte:

Nie langer as 20 versreëls nie.

Die enigste “rym” waarvan jy in hierdie projek gebruik mag maak, is halfrym! Skryf ‘n vrye vers buite jou gemaksone.

• Verhale:

Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:

Wend humor in jou skryfstuk aan.

Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:

Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.

Nie meer as 200 woorde nie.

Weens ‘n splinternuwe kriteriasisteem vir die maandelikse projekte (waarmee julle binnekort kennis sal maak), word inskrywings tot slegs 2 (twee) inskrywings per persoon beperk.

Onthou asseblief om jou woordtal aan te dui by elke afdeling. Geniet die projek!
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem! Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Bly warm en geniet die projek!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE

dit is gedoen

Deur Datum gepubliseer: 2 Augustus 2019 9

in die omte van my duin
het ek gefilosofeer en gedroom
my gees het behoorlik gesweef
gedagtes het woorde geword
woorde het gedigte gemaak
gedigte het stories vertel
party word gelees
ander vergeet
gedoen
maar
nie
volbring

©Teárlach

Augustus 2019 projek – Wilde wind

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2019 7

Die Junie-projek se uitslae sal bietjie laat wees, omrede ons besig is om die nuwe kriteria sisteem in plek te kry. Uitslae sal van nou af 30 dae ná afsnydatums op Ink beskikbaar wees. Dit wil sê, die Julie-projek se uitslae sal einde Augustus op Ink beskikbaar wees. Ons…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 123 gaste aanlyn

Bydraes – Argief