Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2019 projek – Wilde wind

Neem die INK-lesers op ‘n tydreis met jou inskrywing vir die Julie-projek. ‘n Reis in Tyd

Wees kreatief Tema: Wilde Wind

Dit kan letterlik of figuurlik wees. Die verhoog is joune!

• Gedigte:

Nie langer as 20 versreëls nie.

Die enigste “rym” waarvan jy in hierdie projek gebruik mag maak, is halfrym! Skryf ‘n vrye vers buite jou gemaksone.

• Verhale:

Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:

Wend humor in jou skryfstuk aan.

Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:

Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.

Nie meer as 200 woorde nie.

Weens ‘n splinternuwe kriteriasisteem vir die maandelikse projekte (waarmee julle binnekort kennis sal maak), word inskrywings tot slegs 2 (twee) inskrywings per persoon beperk.

Onthou asseblief om jou woordtal aan te dui by elke afdeling. Geniet die projek!
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem! Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Bly warm en geniet die projek!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE

Daar’s ‘n wilde wind wat waai

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 16

DAAR IS ‘N WILDE WIND WIND WAT WAAI

daar’s ‘n wilde wind wat waai
my siel onrustig, deurmekaar
in rigtings ver verwyder
na wanhoop van die lewe se ashoop

daar’s ‘n wilde wind wat waai
deur hartstog en verdriet
van verlies lankal verlore
in donker grotte versteek en afgesonder

daar’s ‘n wilde…

Wilde Winde

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 9

Wilde winde

Hannah hou haar dogter deur die kamervenster dop. Anita was skaars by die huis toe hol sy al stalle toe en spring op Bles se rug. Nou waai haar blonde hare in die wind terwyl sy oopmond lag van pure lekkerkry. Anita is reeds 23, maar dit voel…

Hy was toe ook bad news (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 12

Hy het my gefriend request,
my eerste liefde,
op facebook –
sy gesig na veertig jaar
‘n agteroorskopskok
van seer en dwarrels en vrae
van waar en wat, hoekom,
van onthou en wat kon wees –
ons vier dekades vloei,
versmelt so bitterseer
met my hart se steeds
bekende gloed.

Maar so ewe diskreet,
het hy aan my fondasies
stadig maar seker weer…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 88 gaste aanlyn

Bydraes – Argief