Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2021 – As die blare val projek

Beste INKers

Hierdie maand het die projek ‘n gestruktureerde ondertoon, maar geensins streng nie. Die projek hierdie maand het slegs ‘n onderwerp en geen verdere voorskrifte nie. Die tema is “As die blare val…”

GEDIGTE:
Skryf ‘n gedig in geen voorgestelde vorm maar maak gebruik van die tema “As die blare val…” Dit hoef nie noodwendig in jou vers ingesluit te wees nie en is ook nie ‘n voorgeskrewe titel nie. Gebruik dit na goeddenke.

GORREL:
Gebruik die tema. Geen verdere voorskrifte nie.

RUBRIEK:
Gebruik die tema. Geen verder voorskrifte nie.

ARTIKEL:
Geen verdere voorskrifte nie. Gebruik die tema.

VERHALE:
Gebruik die tema. Geen verdere voorskrifte nie.

Al wat ek kan sê is: lekker skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Augustus wind

Deur Datum gepubliseer: 4 Augustus 2021 9

Ons kyk met afwagting
hoe die Augustusmaand-wind
homself ontvou
en hoop bring
terwyl die lente
nader kruip
om lewe te bring
aan die dooie aarde,
maar eers moet
die laaste blaar
deur die wind
op geskep word
en sagkuns
op die blare-bers
neer gelê word.

Augustus 2021 – As die blare val projek

Deur Datum gepubliseer: 2 Augustus 2021 16

Beste INKers

Hierdie maand het die projek ‘n gestruktureerde ondertoon, maar geensins streng nie. Die projek hierdie maand het slegs ‘n onderwerp en geen verdere voorskrifte nie. Die tema is “As die blare val…”

GEDIGTE:
Skryf ‘n gedig in geen voorgestelde vorm maar maak gebruik van die tema “As die blare val…”…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 138 gaste aanlyn

Bydraes – Argief