Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2021 – As die blare val projek

Beste INKers

Hierdie maand het die projek ‘n gestruktureerde ondertoon, maar geensins streng nie. Die projek hierdie maand het slegs ‘n onderwerp en geen verdere voorskrifte nie. Die tema is “As die blare val…”

GEDIGTE:
Skryf ‘n gedig in geen voorgestelde vorm maar maak gebruik van die tema “As die blare val…” Dit hoef nie noodwendig in jou vers ingesluit te wees nie en is ook nie ‘n voorgeskrewe titel nie. Gebruik dit na goeddenke.

GORREL:
Gebruik die tema. Geen verdere voorskrifte nie.

RUBRIEK:
Gebruik die tema. Geen verder voorskrifte nie.

ARTIKEL:
Geen verdere voorskrifte nie. Gebruik die tema.

VERHALE:
Gebruik die tema. Geen verdere voorskrifte nie.

Al wat ek kan sê is: lekker skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

nuwe lewe (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 9

nuwe lewe

ongerepte sneeu op ʼn perfekte Wintersdag
reinigende reën bring nuwe lewenskrag

Lente geklee in nuwe bloeisels: nuwe lewe
seisoene met vallende blare is vir ons gegewe

helende Herfs getooi in oranje, goud en rooi
vir ons is uitgelê die verloop van lewe – mooi

Somer word geklee in sonskyn en vreugde
so het elke seisoen…

Winter van 2021.

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 7

Winter van 2021.

Om en by in die middel van Maart verander iets in die natuur. Moeder Natuur is besig om haarself gereed te kry vir ʼn grootse skouspel – op haar verfbordjie is die mooiste kleure denkbaar: wynrooi, terracotta, mandaryn, vermiljoen en goud. Soos ʼn regte joolkoningin tooi sy…

Ou bokke

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 21

Ou bokke smag ook soms
na ‘n grasgroen blaartjie;
en hulle pluk net die hoogste doringpeule
(oud maar nie koud nie)
steun hul lywe teen ‘n kokende riet
sal olie op hoë golwe giet.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 234 gaste aanlyn

Bydraes – Argief