Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2020 – OOP-projek

Beste INKers

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om elke lid wat deur die jaar getrou deelgeneem het aan al die projekte. Sonder jul toewyding sou en kon hierdie deel van INK nie slaag nie. Baie, baie dankie.
Aan elke INK lid wens ek ook ‘n geseënde en welwillende feesseisoen. Mag die goeie boodskap van liefde, samesyn en goedheid luid weerklink.
Aan die wat gaan reis gedurende hierdie tyd, wens ek voorspoed en veiligheid.

Hierdie maand sluit ons 2020 af met ‘n oop PROJEK.

Daar is GEEN voorskrifte in enige van die afdelings nie.
Gebruik die geleentheid om jou eie kind en styl met almal te deel.

Aan elkeen, teenoor wie my kommentaar soms rof was, enook waar ek sagter omgegaan het, wil ek sê, welgedaan. Julle het voortdurend bewys dat aanmoediging, al is dit soms krities, groei bewerk.
Julle maak my voortdurend trots en dankbaar om in Afrikaans om te gaan.Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Die reine waarheid

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2020 4

Hoe ons ooit sonder selfone hier aan die onderpunt van Afrika reggekom het, kan ek net nie meer onthou nie. En hoeveel kleiner nuanses van gesprekke ongemerk verbygeglip het, wil ek ook nie van weet nie, want sien, wat die ore nie hoor nie treur die hart nie oor…

Landing

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2020 2

voete trap oor
onewe grond van
boepies hoop
gatjies niks.

kaal voete trap
hope plaat
gatjies toe
met gevoel.

voete verskans
leer omvou
trap sag vel
sonder gevoel.

Hunkering

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2020 6

(Cantena Rondo)

In laaste strale van die dag
verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal
in laaste strale van die dag

verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
kom sit hartsverlange sag in ‘n traan
weef beelde van onthou onder wakende oog…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydraes – Argief