Jongste aktiwiteit:

ProjekteDesember 2021 – Metaforiese projek

Beste INKers

2021 is metafories op haar rug. Almal begin om stadig af te wen en daarom gaan die opdrag hierdie maand eerder in die kleine ook ‘n bydrae lewer tot beplande ontspanning.

Die projek is geheel oop en ontneem van alle voorskifte.
In welke afdeling jy ookal deelneem, is dit net jou verbeelding wat jou kan kortwiek.

Gebruik die geleentheid om daardie vers, storie, artikel of rubriek wat jy die hele jaar in die laai gebêre het met ons te deel.

Laat ek ook die geleentheid gebruik om elkeen ‘n besonderse kersseisoen toe te wens.
Ook aan die wat nie noodwendig Kersfees vier nie, wens ek ‘n heerlike tyd saam geliefdes en vriende toe.

Tot ons weer ontmoet in 2022, laat julle woorde in Afrikaans, lewe en vreugde bring.

Woordgroete
Projekbestuurder

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.
Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

die lewe ʼn mengelmoeskardoes vroegmôre-vreugde dans in tortelduifklanke soet as somerson skugter stil nuwe juweel kom ontmoet nog ʼn dag vir ons geskenk uit Sy genade so groot as sonstrale singend saam die môrestond groet selfs díe met hart van klip neurie saam op noot vaste vertroue: U die wingerdstok, ek die loot goudgeel glinsterend […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed