Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2017 projek – Liefde

LEES ASSEBLIEF DIE OPDRAG MOOI DEUR!!

Februarie maand is die plek vir feesvieringe rondom die liefde. Die liefde wat ons het, die een wat ons begeer en dalk ‘n herinnering oor die een wat weggekom het.

Hierdie maand se projek is ‘n oop kategorie wat beteken daar is nie enige vormreëls en rympatroon voorskrifte vir die digters is nie.

OPDRAG aan alle digters en skrywers:

Ons wil egter hê dat die sinnetjie: ‘liefde bely in die mooiste neurie-klank’ in jou werk voorkom. Die enigste reël is dat die sin presies so aangewend word. Uitsluiting van hierdie sin sal jou inskrywing diskwalifiseer.

Ons vertrou dit gaan opwindende skryfwerk tot gevolg hê.

Wys ons hoe jy lief het; skryf in Afrikaans.
Projekbestuurder

Jy voltooi my hartklop

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2017 20

waar sielswoelinge binne my broei
het jou lispelwoorde soos lawa gevloei
jou belydenis van liefwees het getortel
in die mooiste neurie-klank wat nes wou
maak in die oesterskulp van my gehoor
tog moes ek my hand ‘n aks na links verskuif
om die sitrusgeur, wat strykstok op die wind

Mooiste neurie-klank

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2017 10

Gun my ‘n stukkie sentimentaliteit
of is dit nou nogstalgiteit
ek mis jou in elke oomblik
van hierdie tyd

Verbrokkel
verkletter
versplinter

Liefde bely in die mooiste neurie-klank
dink en draai
droom en hoop
onthou en hunker
smag en verlang
liefde en pyn
vrees en hoop

Die avontuur van liefde

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2017 10

Geil groen blare
en blomme blou
soos vlinders vrolik, fladderend
waai kosmos in die wind

Maar diep, diep daar binne
toegedraai in spierwit linne
saggies lê dit en bewe
daar diep binne rus die liefde

In die winter is jy die kaggelvuur wat brand
die vlam en vuur wat my vertel ek is op die regte plek
die wolkombers…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 121 gaste aanlyn

Bydraes – Argief