Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Februarie 2017 projek – Liefde

LEES ASSEBLIEF DIE OPDRAG MOOI DEUR!!

Februarie maand is die plek vir feesvieringe rondom die liefde. Die liefde wat ons het, die een wat ons begeer en dalk ‘n herinnering oor die een wat weggekom het.

Hierdie maand se projek is ‘n oop kategorie wat beteken daar is nie enige vormreëls en rympatroon voorskrifte vir die digters is nie.

OPDRAG aan alle digters en skrywers:

Ons wil egter hê dat die sinnetjie: ‘liefde bely in die mooiste neurie-klank’ in jou werk voorkom. Die enigste reël is dat die sin presies so aangewend word. Uitsluiting van hierdie sin sal jou inskrywing diskwalifiseer.

Ons vertrou dit gaan opwindende skryfwerk tot gevolg hê.

Wys ons hoe jy lief het; skryf in Afrikaans.
Projekbestuurder

TWEEDEHANDSE HART

Deur Datum gepubliseer: 7 Februarie 2017 10

’n Tweedehandse hart gee ek vir jou
hy is sterker as sterk, slimmer as slim
klop fris vars van groot berge se uitklim
seblief, moenie vrees nie, die tyd is nou…

’n hart om te gee, jy’s die een vir my
dis ’n goeie hart, jy kan hom maar kry

©HMellet

Februarie 2017 projek – Liefde

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2017 20

Februarie maand is die plek vir feesvieringe rondom die liefde. Die liefde wat ons het, die een wat ons begeer en dalk ‘n herinnering oor die een wat weggekom het.

Hierdie maand se projek is ‘n oop kategorie wat beteken daar is nie enige vormreëls en rympatroon voorskrifte vir die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 110 gaste aanlyn

Bydraes – Argief