Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2022 – Liefde(oop) projek

Beste INKers

Ons het skaars Kerstyd gevier en hier lê die eerste maand weer op haar rug.

Ek weet dit is ‘n cliché om in Februarie oor die liefde te skryf, maar dit ten spyt, wil ek tog die onderwerp hierdie maand gebruik.

Ek wil almal egter aanmoedig om die “liefde” op ‘n nuwe, unieke manier te takel en met oorspronklike werk te spog.

In al die afdelings is daar geen lengte reëls, vorm voorstelle, of derglike voorskrifte nie, maar slegs een opdrag: ondersoek die term “liefde”.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Baie geluk aan hierdie 12 lede! UITSLAE: GOUD 1.(No 23) Anzé Bezuidenhout met Spikkelliefde 2.(No 24) Caren Kearley met Sielsvervoering 3.(No 26) Anzé Bezuidenhout met Vasdans tussen die sterre SILWER 1.(No 18) Amanda De Meillon met Amor Agape 2.(No 1) Zebulon Kochk met Skoonmaker 3.(No 31) Elmarie Nienaber Van Kampen met Stormliefde BRONS 1.(No 8) […]

Dit was haar liefde vir die bottel wat haar lewe gekos het. Ou tant Mart het altyd na ou Hes hakkel as ‘die tannie met die druiwekorrelmond’ verwys. Hes was baie lief vir haar Hanepoot Muskadel. Daar het maar altyd ’n botteltjie iewers rondgestaan. Dit was ‘n anderse soort liefde daardie. Hes kon nie ’n […]

Voorreg om te gorrel oor liefde. Meningsfeit is dat liefde deur lewens ervaring en omstandighede verskillend deur mense ervaar word en gewys word. Voorbeeld is valentynsdag. Getroude paartjie vir baie jare se valentynsdag verskil baie van die onlangse getroude paartjie voor die kansel in die kerk. Saam met voorspoed en tee”spoed het getroude paartjies elkeen […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed