Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2019 projek

Beste INKers

Ek wens elkeen ‘n besonderse goeie 2019 toe. Mag die meetsnoere mooi val.

Alhoewel die Chinese nuwe jaar eers in Februarie afskop, wil ek tog hê dit moet ons onderwerp wees.

DIGTERS:
Skryf ‘n Tanka oor die nuwe jaar.
Tanka

TER INLIGTING:
Kenmerke van die tanka:

✓ ‘n Tanka is ‘n uitgebreide haikoe wat uit vyf versreëls bestaan.

✓ Geen rym kom in die tanka voor nie.

✓ Die tanka het ‘n vaste patroon wat lettergrepe aanbetref; die eerste versreël bestaan uit vyf lettergrepe, die tweede versreël bestaan uit sewe lettergrepe, die derde versreël bestaan uit vyf lettergrepe en die vierde en vyfde lettergrepe bestaan elk uit sewe lettergrepe.

✓ Waar ‘n haikoe gewoonlik in die teenwoordige tyd geskryf word, kan ‘n tanka ‘n veelsydige verandering van tyd en gemengde woordeskat bevat.

✓ Beeldspraak en neologismes wat natuur verwant is, kom gewoonlik in ‘n tanka voor.

Die tanka is woordekonomies, maar die inhoud van die gedig moet tog steeds sin maak.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal oor die jaar van die vark. Dit kan enige onderliggende tema hê en hoef nie noodwendig met die nuwe jaar te doen te hê nie.

ARTIKELSKRYWERS:
Skryf ‘n artikel oor die Chinese nuwe jaar.

RUBRIEKSKRYWERS:
Lig jou mening oor die tradisies van nuwe jaar vieringe.

GORRELSKRYWERS:
Skets vir ons ‘n komiese verhaaltjie van 500 woorde oor iets gedurende nuwejaar.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed