Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2021 – OOP projek

Beste INKers

Ná wat blyk ‘n moeilike oefening in Intertekstualiteit was, in ons vorige projek, sal ‘n oop projek seker verwelkom word.
Hierdie maand is die projek dus ‘n instruksielose oefening.
Daar is geen reëls aangaande struktuur, tema, lengte of andersins nie.
Dit geld vir al die afdelings.

Al wat ek kan sê is: lekker skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Droomtrein(silwer)

Deur Datum gepubliseer: 13 Julie 2021 3

Droomtrein
Die nag bring sy storms
en winde wat waan,
vanuit ‘n donker spoor
kom hy al rollend aan

Hy dra in sy kajuite
al die dae sé mense dinge mee,
van vêr verlate tye tot met die hede
so’laat bly hul nie vergete

Elke kajuit het ‘n masker
elke masker ‘n maker
elke maker ‘n betaster;
maar die trein rol…

Wanneer my glimlag glip

Deur Datum gepubliseer: 12 Julie 2021 7

(Woordetal 293)

Mense het skanse en skerms.
Feit.
Nie almal weet nie en baie se skanse is so rotsvas in plek dat hulle vir dood sal stry daaroor.

My skanse is minder, my insig is meer. My seer dalk ook.

Ek sukkel met ANGS. Vir maande, dalk jare, het ek dit net eenvoudig…

reën

Deur Datum gepubliseer: 12 Julie 2021 3


die sagte druppels
trommel op ons sink dak
elke nou en dan ruk ‘n wind
met al sy geweld aan die nok
vaal skemeragtige koue
verf grys gedaantes
oor die sand duine
wit huisies dreig
om te verdwyn
in die stilte
van die
reën

©Teárlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydraes – Argief