Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Julie 2021 – OOP projek

Beste INKers

Ná wat blyk ‘n moeilike oefening in Intertekstualiteit was, in ons vorige projek, sal ‘n oop projek seker verwelkom word.
Hierdie maand is die projek dus ‘n instruksielose oefening.
Daar is geen reëls aangaande struktuur, tema, lengte of andersins nie.
Dit geld vir al die afdelings.

Al wat ek kan sê is: lekker skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Die keuses wat ons maak (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 6

Ons elkeen skoei ons lewe volgens ons eie keuses en gemak.
Sommige van ons probeer die hoogste sport in ons beroep bereik. Ontsien geen moeite om soveel moontlik te leer, soveel moontlik tyd te bestee, en alles in die stryd te werp om tree vir tree daardie korporatiewe leer…

Lewenstryd (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 2

Die onsekerheid in vele oë
vind aanklank in menige stem
wat wanhopig skree
teen hierdie stryd se rem

nooit het ons kon dink
óf ons lewe daarvolgens beplan
dat hierdie lot ons sou vind
‘n weemoedsnet om ons span

stil en magteloos
onseker oor die verloop
totaal uitgelewer en broos
verpletter in wanhoop

al word toekomsdrome omvergegooi
bied die lewe nog steeds…

lewe (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 1

die gefolterde winterblaar
is gekenter tot stof
maar die belofte van lewe
bly immer-teewoordig
in die lente se lieflike lof

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 148 gaste aanlyn

Bydraes – Argief