Jongste aktiwiteit:

ProjekteJunie 2019 projek

Beste INKers

Die Junie-projek het met ‘n koue briesie sy tuiste op die INK-webtuiste gevind.

Hooftema: Personifieer “Winter” in jou skryfwerk.

Personifikasie: Voorstelling van ‘n ding of ‘n begrip as ‘n persoon m.a.w. ons gee menslike eienskappe aan lewelose dinge. Langenhoven het die TYD as Vader tyd gepersonifiseer. Byvoorbeeld die wind huil, die lente trek haar bruidskleed aan.

• Gedigte:

Nie langer as 16 versreëls nie.

• Verhale:

Nie meer as 500 woorde nie.

• Rubrieke:

Wend humor in jou skryfstuk aan.

Nie meer as 250 woorde nie.

• Artikels:

Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.

Nie meer as 200 woorde nie.

Onthou asseblief om jou woordtal en jou stertoekenning langs jou titel aan te dui saam met. Geniet die projek!

Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete

Groete
(Die nuwe) INK-moderator

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Brons my winterskelet wat alleen teen ‘n vaal hemel staan voel die sap van lewe deur harde knoetse gaan in die skadu van God se kruis word klipsteen klip van eeue — gruis bevry my verskrompelde wortels om uit te spruit verby die aardse te groei tot in ewigheid verby die verlede se doodsvallei en […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed