Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2018 – Digkuns projek

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Duskant Hermon

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2018 14

(As mens van Tulbagh af
Kaap se kant toe ry,
by reeds geoeste koringlande
en stapels strooibale verby)

sien jy genade
in die beeste (langs ‘n koel stroom)
teen die wal
en in die ampersomerwolke
– wat soos asem –
oor die kranse
en deur klowe
van ’n Boland blouberg…

Waarvan niemand weet

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2018 13

Waarvan niemand weet

Oor hom sal sy altyd gedigte skryf
Sy koekeloer vir hom deur haar kuif

As hy net van haar kon weet
en van ander meisies vergeet

As hy net vir ‘n oomblik na die donker hoek sal loer
sal hy haar sien sit op die koue vloer

Sy dra groot…

rooi klei grond

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2018 11

in hierdie rooi grond kluite
is gemeng die bloed en sweet

in hierdie rooi grond kluite
lê beendere van geslagte lank

in hierdie rooi grond kluite
rus honderde jare se drome

in hierdie rooi grond kluite
lê verset en oorlog verstoke

in hierdie rooi grond kluite
is ingeboude bittereinder moed

in hierdie rooi grond…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydraes – Argief