Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2018 – Digkuns projek

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Félicitations pour votre vie

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2018 6

op my duin
daar is nie plek vir haat
geen plek vir beuselagtigheid
daar sweef gedagtes soos meeue
beskou die diep blou see verleë
alles wat ek daar sien gebeur
die afgeronde jare in eeue
lankal terug tot vandag
wie jy was en is gedeë
aangeslane goud miskien
maar…

Sou die savanna my wil vertel …

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2018 10

Sou die savanna
my wil vertel
van daardie nag
se vlammehel,
kan ek net luister …
ook engele weet
God sal sy skepping
nooit nie vergeet

Dit was reeds donker
met ligte wind
toe mensehand
die plaasgrens vind
verstandloos bedwelm
ondeurdag sy dade
slegs ‘n sieklike grynslag
oor die wye skade
vind vroeë dagbreek
net stoppels gras
die weiding verbrand
tot gitswart as
woedend spel oorheers
in elke boerehart
wild en…

spite your nose…

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2018 13

twee meeue baklei oor ‘n wit mossel
vurige geveg in lug en op sand
gekras van klaagliedere
verloor hul dit in lug
swiep ander meeu
en gryp dit op
kyk twee
na mekaar
en trek gesigte
oor hul dom argument
so is mense ook
wat oor iets
baklei
party…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 194 gaste aanlyn

Bydraes – Argief