Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2018 – Digkuns projek

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

voëlvry

Deur Datum gepubliseer: 15 Maart 2018 8

so vry soos meeue wat swewe
bokant tierende blou branders
so vry soos arende wat sweef
bokant uitgestrekte landskappe

so vry soos digterlike woorde
swewend bo mense gedagtes
soos saakmakende begrippe
wat stelling inneem bo emosie

vry soos kind in sy moedertaal
soos water wat rol oor los klippe
strome van…

Aarde se vernietigende bestaan

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2018 6

Aarde se vernietigende bestaan

sy kreun en trane biggel stortend
oor haar wangplooie, in die dieptes
raas die valle en vloei dan weg
haar hartseer-oorsaak ongekend
in die melkweg se fluweel
waar sy, eens, uitverkore was en geseënd

oorloë het haar wees gelaat
dog haar slagvelde het genees
en littekens versag…

mis

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2018 8

uit digte mis
kom daar strepe sonlig
sonlig wat stadig oorneem
mis verdwyn in konveksiestrome
strepe miswolke hang laag
verwaai oor duineveld
onder droog sand af
plante sug en hoop
mense gaap
en werk
verder

©Teárlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 122 gaste aanlyn

Bydraes – Argief