Jongste aktiwiteit:

ProjekteMaart 2018 – Digkuns projek

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASSEBLIEF

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf.
Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.

Maart Projek Kommentare en uitslae: Vanaf hierdie maand het ons besluit om die uitslae van die projekte in hierdie formaat bekend te maak sodat almal wat hieraan deelneem ook sommer gelyktydig leersaam daarby kan baat. Soos voorheen genoem word elke vlak afsonderlik beoordeel wat daartoe lei dat jy slegs teen diegene kompeteer wat op dieselfde […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed