Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Maart 2022 – OOP projek

Beste INKers

Dit het weer tyd geword vir ‘n oop-tema opdrag.

Ek wil dit hierdie keer egter effe aanpas.
Gebruik die woord “oop” op welke manier ookal om jou inskrywing te ondersteun.

Dit maak nie saak in watter genre jy deelneem nie, jou enigste opdrag is “oop”.

Ek is baie nuuskierig om te sien hoe julle as skrywers / digters hierdie opdrag gaan interpreteer en met watter uitsonderlike werk julle my gaan vermaak.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Ouma se kind…

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 10

as ek my lewensverhaal in jou hande kon lê
weet ek jy sou dieselfde waardering hê
wanneer nostalgie soos kiekies hang
ja, voor die ou gryswolf my geheue kom vang

kan ek jou vertel van die ver-ver onthou
van die ou, die mooi, van ʼn leeftyd se nou
toe gisters se warmte kon bruis
voor…

Lukasvlakte

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 6

jou son mirasie
oor die oop einders
tot daar waar jou niks spikkel
en nie meer sien nie…
raak my asem stadig,
my mond gryns
toe hitte kom sonbesie
in jou stilte

ek sien jou wit klipkop
af ets teen die helderblou lug
langs die ou windpomp
wat krakerig en kreunerig sug
toe windjie deur sy…

Vryleer: oop toegang tot inligting.

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2022 7

Vryleer: oop toegang tot inligting.

Wat presies behels oop toegang?

Oop toegang – OT, dui op vrye toegang tot inligting wat verkry kan word deur die Internet tot nagevorste vakspesifieke artikels, tesisse en ook proefskrifte. Die voordeel van oop toegang is dat die inligting onverwyld beskikbaar is vir gebruik. Nog ʼn…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 263 gaste aanlyn

Bydraes – Argief