Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2019 projek

Beste INKers

Hierdie maand is die opdrag vir alle afdelings in ons projek universeel.
Gebruik EEN van dié twee woorde:

1. Kardoes
2. Kwansuis

as die onderwerp of tema vir jou inskrywing.

Hetsy jy dig, verhale skryf, gorrel, rubrieke of artikels skryf is die term jou onderwerp.
Daar is hoegenaamd geen reëls aangaande vorm, lengte of styl in enige van die afdelings nie. Ondersoek die term en behandel dit soos jy goed dink.

Lekker skryf

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Dagbreek

Deur Datum gepubliseer: 7 Mei 2019 10

vanoggend toe die dag om my breek
wou ek my hande na jou toe uitsteek

maar daar was nog dou aan my drome
en nanag asems wat fluister deur die bome

ek het my kop weer diep onder die kussing ingedruk
voor die eerste sonstrale my kon insluk

ja, vanoggend toe die…

fiktiewe wêreld

Deur Datum gepubliseer: 7 Mei 2019 6

Daar is soveel redes om nie te stem nie
ons wêreld het onderstebo gedraai
en mense het kwansuis soos vlermuise geword
wat sluimerend koponderstebo
vasklou aan ’n mislukte samelewing

Wat die vlermuise immers nie besef nie
is dat die Afrikaner alleenlik skuldig is
aan die feit dat ons onwillekeurig

Bende Bende

Deur Datum gepubliseer: 7 Mei 2019 13

(brons)

‘Tweede pouse, vergaderplek nommer vyf. As jy klaar gelees het, skeur die brief op en eet hom. Hierdie boodskap mag nie in die vyand se hande val nie.’ Ek hoef nie weer die briefie, wat ek agter die toiletbak in die vierde toilet van die deur af gevind het,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 1 365 gaste aanlyn

Bydraes – Argief