Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2019 projek

Beste INKers

Hierdie maand is die opdrag vir alle afdelings in ons projek universeel.
Gebruik EEN van dié twee woorde:

1. Kardoes
2. Kwansuis

as die onderwerp of tema vir jou inskrywing.

Hetsy jy dig, verhale skryf, gorrel, rubrieke of artikels skryf is die term jou onderwerp.
Daar is hoegenaamd geen reëls aangaande vorm, lengte of styl in enige van die afdelings nie. Ondersoek die term en behandel dit soos jy goed dink.

Lekker skryf

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Poetsbakker

Deur Datum gepubliseer: 29 Mei 2019 8

“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?”

Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig….

Soos mis

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 12

Hoe kan jy my kwansuis maak glo
dat liefde oneindig is?
Netsoos die uitspansel daarbo;
eindeloos en grensloos
(soms roekeloos)
soos die loop van die suidoos

Tot teenaan my hart se deur
jaag jy die son en die maan
met blink beloftes agterna,
’n magdom sterre in kardoese
word…

Blou

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 12

Blou

dis bietjies blou
wat waardes lyn
in bitter grou
en grensloos pyn
kwansuis gedink
met durf en daad
in eie krag
kan mens oorwin
kan mens vermag
maar soet onthou
angel donker venyn
dis diepsee blou
waar son moes skyn
kwansuis vertrou
die hemel is wyd
geluk sal bloei

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydraes – Argief