Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2019 projek

Beste INKers

Hierdie maand is die opdrag vir alle afdelings in ons projek universeel.
Gebruik EEN van dié twee woorde:

1. Kardoes
2. Kwansuis

as die onderwerp of tema vir jou inskrywing.

Hetsy jy dig, verhale skryf, gorrel, rubrieke of artikels skryf is die term jou onderwerp.
Daar is hoegenaamd geen reëls aangaande vorm, lengte of styl in enige van die afdelings nie. Ondersoek die term en behandel dit soos jy goed dink.

Lekker skryf

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Oud word is nie vir sussies nie

Deur Datum gepubliseer: 20 Mei 2019 8

Ek loop doelgerig uit die kamer. Oppad na….. ag hel, wat nou weer? Dit moes wraggies nie belangrik gewees het nie. Ek sou dan darm onthou het. Ek skakel die ketel aan en glip twee snye brood in die rooster. Ou Douw se koffie aroma kom draai…

Nota aan ’n koel komkommer

Deur Datum gepubliseer: 18 Mei 2019 6

(goud)

Ek sien in my verbeelding
hoe glad jou woorde oor ’n skerm vloei
en wonder:
Sou jy – van aangesig tot aangesig –
ook so skroomloos en so vrylik
bloei?
Of sou jou woorde stadig kom –
oorweegd en selfbewus,
wetend dat jy (net soos ek)
bróós
en ook…

Bruin Kardoes

Deur Datum gepubliseer: 17 Mei 2019 14

Bruin Kardoes

vir jou ‘n bruin kardoes
‘n hele mengelmoes
deermekaar swiets
nikkerbols en likerish
miskien dalk ‘n kondensmelkpikkie
als bymekaar gebind met ‘n strikkie
al die dinge wat ons moes
en al die dinge wat ons wou
als pak ek in daai kardoes vir jou
al die lag en…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydraes – Argief