Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2021 – OOP projek

Beste INKers

Ek wil graag die geleentheid gebruik om vir elkeen van julle, wat getrou aan die projekte deelneem, dankie te sê. Met elke bydrae verbreed jy die veerkragtigheid van Afrikaans; met elke woord, sin en snede blaas jy asem in die longe van INK. Jou harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Dankie.

Mei maand lei weer vir ons `n ope rondte in.

Alle afdelings:
1. Daar is geen voorskrifte nie.
2. Geen vasgestelde tema nie.
3. Ek wil tog almal aanmoedig om nuwe woorde en idees te ondersoek.
4. Proeflees jou werk vóór jy plaas.

Sterkte, en geniet elke oomblik om in Afrikaans te skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Huistoe

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2021 3

‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg
aronskelke blom nie meer hier nie
die blou lug hang in dik wit wolke
aan die hemelruim se wange
ek kyk oor die vallei
Hadida’s steel die stiltes
mense kom en gaan woelig
party bly te lank
ander slaap net oor
en soms sterf iemand hier

ek draai om…

Flentervrou

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2021 5

Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay
haar skoene flenters
haar klere maande laas gewas
sy vra vir brood toe ek verbystap
haar oë is leeg

en ek wonder
hoe leef mens só met niks
in die afwesigheid van alles
tussen dorpsvoëltjies
en ander legends
op ‘n plek
waar niemand jou raaksien nie.

© 2021 Caren Kearley
Kopiereg…

Dans

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2021 5

In ‘n ou huis, met hout vloere, is die klank van voetstappe niks vreemd. Om te waarheid te sê, jy kan nie ‘n tree gee sonder dat die hele huis jou hoor nie. Dit is dus glad nie eienaardig toe die stilte gebreek word deur die geluid van trippelende…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydraes – Argief