Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2021 – OOP projek

Beste INKers

Ek wil graag die geleentheid gebruik om vir elkeen van julle, wat getrou aan die projekte deelneem, dankie te sê. Met elke bydrae verbreed jy die veerkragtigheid van Afrikaans; met elke woord, sin en snede blaas jy asem in die longe van INK. Jou harde werk gaan nie ongesiens verby nie. Dankie.

Mei maand lei weer vir ons `n ope rondte in.

Alle afdelings:
1. Daar is geen voorskrifte nie.
2. Geen vasgestelde tema nie.
3. Ek wil tog almal aanmoedig om nuwe woorde en idees te ondersoek.
4. Proeflees jou werk vóór jy plaas.

Sterkte, en geniet elke oomblik om in Afrikaans te skryf.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Wroeging van ‘n talentverlate skrywer (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 21 Mei 2021 4

ink my met jou kodevog hier midde-in jou aftog
dat ek in die jare van my wegbly in jou voorhuis kan vertoef
spykerhang gemuur teen die afguns van my drifte
sal ek paletgeskryf en raambevang jou lende kom bedroef

wens jou verhale aan my toe in tikmasjien traktate
as jy in die laatlig van…

Veranderings’bestuur

Deur Datum gepubliseer: 20 Mei 2021 8

Wanneer verandering plaasvind is dit soms nie maklik om jou gemakskoene uit te trek nie. Dit is onafwendbaar, in elkeen se lewe vind dit van tyd tot tyd plaas. Om die waarheid te sê, enige konstante ding in die lewe is blootgestel aan verandering. Verandering speel rond met jou…

Swendel in die grendel

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2021 4

Weektema

Swendel in grendel

in die grendel word geswendel
miljoene verdwyn in broeksakke
ingeperktes aanskou stom geskok
stilswyes duur en sekuur gekoop

ongeregtigheid word oral gepleeg
in jul stormloop ly brose swakkes
kinders met starende honger oë
jy ry die duurste motor op die mark

sakke word voller en lywe ronder
onreg gepleeg sonder blik of bloos
armes verder verdruk…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 139 gaste aanlyn

Bydraes – Argief