Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2022 OOP projek

Beste INKers

Die jaar spoed soos ‘n rekspring entoesias al sneller voorentoe. Gister nog het ons ooggeknip langs die groen Kersboom en nou groet ons Mei maand in al haar glorie.

Daar is egter lig in hierdie woordtonnel: ‘n Oop projek.

Daar is hierdie maand geen reëls of voorskrifte in enige van die afdelings nie. Jou verbeelding het vrye teuels.

Ek sien uit daarna om julle werk te lees.
Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Gatvol vir óns welbehae, oop visier op ons gerig; genoeg gegee te veel verdra slaan sy verreikend terug. Ter wille van ons voortbestaan buit ons Moederaarde uit bietjies-bietjies stadigaan word haar behoud gestuit; haar skoonheid word afgemaai haar goedheid uitgedelg soos die rykmanswêreld om weelde draai, word die armes deur honger verswelg; te veel selfsug […]

Die vlermuis. Gevaarlik of skadeloos? Die feit is: vlermuise is ongewone soogdiere, trouens die enigste soogdiere wat kan vlieg. Vlermuise het ʼn uitsonderlik buitengewone voorkoms en dierkunde beskryf die vlermuis as verteenwoordiger van die orde: Chiroptera. Hulle val in die klas: skemerdiere. Sekere soorte kan glad nie goed sien in die donker nie. Vlermuise het […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed