Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2022 OOP projek

Beste INKers

Die jaar spoed soos ‘n rekspring entoesias al sneller voorentoe. Gister nog het ons ooggeknip langs die groen Kersboom en nou groet ons Mei maand in al haar glorie.

Daar is egter lig in hierdie woordtonnel: ‘n Oop projek.

Daar is hierdie maand geen reëls of voorskrifte in enige van die afdelings nie. Jou verbeelding het vrye teuels.

Ek sien uit daarna om julle werk te lees.
Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

sonder (brons)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 7

somber somer
somber son
warm skraal
sonder straal

somber winter
somber kind
sonder ys
sonder wind

somber vind
lentekind
somber groei
weggesnoei

somber herfs
somber kleur
roesjas
middeldeur

somber stil
son(on)der jou

Elizabeth

Ek was … (brons)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 7

ek was
egmooi
vol-lyf-vrou
saam met jou

maar

nou
is ek
net
vol-lyf-leeg
sonder
jou

Elizabeth

Stemme

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 6

Was dit Carroll of Hubbard wat gesê het “‘n ware vriend weet alles van jou af, maar bly steeds lief vir jou”? Ek’s seker dit was Hubbard. Carroll was meeste van die tyd te hoog op boom om sulke insiggewende wyshede te skryf. Wie dit ook al was, was…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 122 gaste aanlyn

Bydraes – Argief