Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Mei 2022 OOP projek

Beste INKers

Die jaar spoed soos ‘n rekspring entoesias al sneller voorentoe. Gister nog het ons ooggeknip langs die groen Kersboom en nou groet ons Mei maand in al haar glorie.

Daar is egter lig in hierdie woordtonnel: ‘n Oop projek.

Daar is hierdie maand geen reëls of voorskrifte in enige van die afdelings nie. Jou verbeelding het vrye teuels.

Ek sien uit daarna om julle werk te lees.
Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Kalwerliefde

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 6

In die kosmosvelde
waar kalwerliefde
bandeloos blom,
bolmakiesie ons drome
nog om en dom;
alom hartsbegeertes
wat kleurig
in die sterre verweef is
en gretig daar wag,
tot rooidag weer kom.

Radikaal

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 6

Gatvol vir óns welbehae,
oop visier op ons gerig;
genoeg gegee te veel verdra
slaan sy verreikend terug.

Ter wille van ons voortbestaan
buit ons Moederaarde uit
bietjies-bietjies stadigaan
word haar behoud gestuit;

haar skoonheid word afgemaai
haar goedheid uitgedelg
soos die rykmanswêreld om weelde draai,
word die armes deur honger…

Die vlermuis. (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2022 5

Die vlermuis.

Gevaarlik of skadeloos? Die feit is: vlermuise is ongewone soogdiere, trouens die enigste soogdiere wat kan vlieg. Vlermuise het ʼn uitsonderlik buitengewone voorkoms en dierkunde beskryf die vlermuis as verteenwoordiger van die orde: Chiroptera. Hulle val in die klas: skemerdiere. Sekere soorte kan glad nie goed sien in…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 141 gaste aanlyn

Bydraes – Argief