Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Thaba

Deur Datum gepubliseer: 13 November 2018 3

Met heimwee dink ek terug aan n besondere plek,
Waar berge hoog troon en ‘n dorpie bedek.
‘n Plekkie in die bosveld, waar natuur jou omring,
Waar sonbesies die lof van temperatuur besing.

Waar ‘n briessie koue wind kortstondig verskyning maak
omdat hitte oorheersend homself teen die aardkors wraak.
Die…

Gatiep se brandewyn

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2018 3

“Kom Gatiep! die son trek water, ons moet voor sononder terug wees op die plaas.”

Antie Koot is haastig vanoggend sy het ‘n hele string dinge om te doen op Bloemfontein so honderd en veertig kilometer van Koffiefontein af. Haar oudste dogter se vyfde kind word Sondag gedoop en vir…

Stof van die Heimat

Deur Datum gepubliseer: 11 November 2018 10

Keetmanshoop, oorstaanplek
verbasend hoe ‘n tussenstasie
se stof so aan jou hart kan trek

Met my aankoms lê die hitte dik en stil
Later, lus vir bier en Schnitzel
stap ek stofstraat na die Schützenhaus hotel.
Dis ‘n kleine museum van Duitswes-wees
foto’ s van ‘n Sportverein
uit die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 359 gaste aanlyn

Bydraes – Argief