Beste INKers
Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.
DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.
VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.
ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.
ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder
*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING
As mens in Brakpan bly
dan word dit jou plek
ons verdra die draakstekery,
dit hou ons op die map!
Pragtige dorp met aller tipe mens
Grênd, kens of trens
Maar ken jou plek, jou maniere
Wees beleefd, deel jou biere
Groen gras, struike en palm bome
sierlike ou…