Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Antie Koot in die hof

Deur Datum gepubliseer: 28 November 2018 7

‘Antie Koot hof toe’ basuin die plaaslike koerant van Dinsdag af al, op die voorblad nogal. Peste. Antie Koot wou nog altyd in die Koffiefontein koerant wees, maar nie vir dít nie. Sy word uitgekryt as ‘n krimineel. Die koerantmense weet nie hoe sy voel nie, gee ook nie…

DIE DORP CARNARVON (Gedig opgedra aan my vriendin)

Deur Datum gepubliseer: 27 November 2018 10

DIE DORP CARNARVON
(Gedig opgedra aan my vriendin)

Die tuisdorp Carnarvon
waaruit ons voorgeslagte kom
Historiese outydse geboue
word vir altyd behoue

die rustigheid wat die dorp inhou
wil ons vir altyd in ons harte vashou
dis waar my liefde vir altyd hoort
so uniek in sy eie soort

daar ver in die klein karoo
dis die werêld waarin ek…

SOMERSET WES – INNI KAAP

Deur Datum gepubliseer: 27 November 2018 16

SOMERSET WES

Hier in die Kaap woon ‘n pragtige vrou
en ‘n knorrige ou man
die Sedoos-wind blaas stormsterk sand
deur ons tande en hare wat souterig brand
sandduin plante voed, laat leef, laat blom
– in die Helderberg kom
die Noordwes warrel blare en stof van Rooi-Els se
kant tot by bikini-beach en Klippiesbaai
se kaalloop strand

by…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 675 gaste aanlyn

Bydraes – Argief