Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

‘n Skouerhoogte tameletjie (woord telling 966)

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2018 7

Hier in Ekurhuleni (die ou Oos-Rand) kan ons seker nie te veel kla oor dienslewering nie. Miskien is dit ‘n geval van die padda wat so stadigaan saam met die water warm gemaak word en het ons die geleidelike agteruitgang nie so vreeslik baie agtergekom nie. Die paaie in…

Tant Kotie van Koffiefontein

Deur Datum gepubliseer: 26 November 2018 7

TANT KOTIE VAN KOFFIEFONTEIN

In ‘n dorpie, soos die van ons, bly daar ‘n verskeidenheid van rare en unieke karakters. Tant Kotie het erg gebrei (of is dit ‘gebgei?’) Jong, en as sy met haar arms, so dik soos boomstompe, en hande in die sye gaan staan het…wel, dan…

BLARNEY (Ierland)

Deur Datum gepubliseer: 24 November 2018 6

BLARNEY (IERLAND)

Teen styl kranse en oor hoë mure loer
die geeste van gestorwe voorvaders
met ‘n glimlag na menigte toeriste;
hulle wat in bygeloof en mite
die verslete kliptrap klim
na die belofte van welsprekendheid

Ook die feë loer om varing en blaar en
dans om paddastoele en lowergroen gras

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 415 gaste aanlyn

Bydraes – Argief