Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Die onvoltooide vrede

Deur Datum gepubliseer: 20 November 2018 10

Vereeniging is geleë in die Vaaldriehoek. Met omliggende riviere wat in ‘n Noordelike rigting, in die Vaal rivier inloop. In die 20ste eeu het Vereeniging ontwikkel as nywerheidsentrum vir steenkool, meulbedrywighede, teëlvervaardiging en vele meer …‘n Vinnige spring terug na die geskiedenis: Boerepatriotte vertrek na Vereeniging om die vyand…

Strandfontein

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2018 5

(goud)

Ek wil weer een oggend langs jou weskus sit
en mosbeskuit in my koffie doop;
hoor hoedat branders teen jou lang strand breek
en ’n myl of twee deur die wit mis loop.

As die nag verby is en die dag ontwaak
(om kraakdelikaat aan my vel te raak) –

Woordeloos verloof

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2018 13

Dit was ‘n Sondagoggend op ‘n skulpiestrand in Seepunt
toe jou tong in jou mond gestol het
toe huiwering rooi oor jou wange gekruip het
en die see onseker om ons voete gekolk het

Maar ‘n ander Sondag op die Seepuntpromenade
lag ons kinders oopmond op die swaaie
hul wange…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 105 gaste aanlyn

Bydraes – Argief