Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2018 projek

Beste INKers

Hierdie maand, so naby aan die einde van die jaar, is meeste vuisvoos. Poësie en Prosa kan egter as goeie ontvlugting dien. Wel, dit is wat ons met hierdie projek gaan probeer bemeester: ‘n virtuele woordereis deur die wêreld.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig, in enige vorm, sonder voorskrifte oor lengte, tipografie of styl, oor jou gunsteling stad in die wêreld. Dit hoef geensins ‘n metropool te wees nie. Selfs jou gunsteling klein Suid Afrikaanse dorpie in die platteland. Solank jy jou gedig gebruik om behoorlik te motiveer waarom dit jou gunsteling sou wees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal met die onderwerp: “Antie Koot van Koffiefontein”. Jou verhaal kan ‘n ander titel hê, maar die onderwerp moet beskryf word. Jou verhaal kan komies of andersins wees. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ALGEMEEN / GORREL:
Skryf ‘n opiniestuk oor die funsionaliteit (of gebrek aan) dienslewering in jou dorp. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

ARTIKEL:
Skryf ‘n artikel oor goeie, getoetsde idees vir die opknapping en bestuur van ‘n skoon stad. Sien byvoorbeeld idees soos Kigali in Rwanda. Nie meer as 1500 woorde nie. Merk asseblief die woordtelling in hakies langs jou titel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans want die taal lewe.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Liewe Antie Koot 1283 woorde Brons Gradering

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2018 1

Liewe Antie Koot,

Antie is seker baie verbaas om van my ‘n brief te kry, ha? Ek sien sommer hoe gryp Antie die kop vas en gaan sit op die stoel met ‘n ‘Haai mens!’ en roep dan eers vir ‘n koffietjie. En ag, dan sal Antie wonder nou hoekom…

Riebeek Wes

Deur Datum gepubliseer: 13 November 2018 9

Ek het op die hoek van Hofstraat
gestaan en snaaks gekry vir myself;
ek is pad af,
ver van waar ek tuis voel
maar hier by Kasteelberg se voet
het ‘n ongekende ding my gegroet –

‘n salige vreedsaamheid
om die lyf van die mistige horison
sonder skaduwees, kronkelpaaie
en…

Die onwerklike mooi

Deur Datum gepubliseer: 13 November 2018 4

Asemrowende sonsondergange
deur die kunstenaar God geskilder
dis nie sommer net woordjies,
wat waai in die wind…..
dis die manier hoe die mense daar praat

Ek skep ‘n emmer vol sand
net ‘n gedagte van ‘n spierwit strand
ek vang ‘n stukkie sonstraal
en gly op ‘n brander daarmee heen

In…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 214 gaste aanlyn

Bydraes – Argief