Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

November 2021 – OOP Projek

Beste INKers

Die einde van 2021 rol nou vinnig nader, en om ons kreatiewe spoed ook so effe halt te roep, is die November projekopdrag ontneem van alle voorskrifte.

Jy kan hierdie maand, in welke kategorie jy ookal deelneem, totale vryheid omboesem en sonder voorskrif, reëls of vasgestelde tema deelneem.

Laat Afrikaans haar vlerke sprei.
Skryf lekker in Afrikaans.
Groete
Projekbestuurder

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.
Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Ongekende kronkelweg

Deur Datum gepubliseer: 4 November 2021 9

Geheime beloftes skuim op teen die rotse
sonder gewete, sonder skaamte
iewers in die verlede
soek ek tevergeefs na antwoorde

In die branders se breek, eggo hol
slegs spore, weg van my drome
tussen die kreukels van die lewe
gloei die maan se lig strale

Emosies
Realiteit
Herinneringe
is ‘n tolbos wat my rondslinger, oppad na nerens!

PRISMA

Deur Datum gepubliseer: 4 November 2021 15

Nog in die laaste uur van my weerskyn
was ek vir jou ‘n spieël
‘n truweerkaatsing
van dit waaraan jy so
mildadig vas wil hou
die ander jy
wat van buitebreek
‘n binneding wou maak

daarom gee ek my lens vir jou
een wat lig kan uitstraal
om ‘n nuwe dag se lyne
oor jou letsels te verf
want donker
begin teer…

November 2021 – OOP Projek

Deur Datum gepubliseer: 2 November 2021 8

Beste INKers

Die einde van 2021 rol nou vinnig nader, en om ons kreatiewe spoed ook so effe halt te roep, is die November projekopdrag ontneem van alle voorskrifte.

Jy kan hierdie maand, in welke kategorie jy ookal deelneem, totale vryheid omboesem en sonder voorskrif, reëls of vasgestelde tema deelneem.

Laat Afrikaans…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 268 gaste aanlyn

Bydraes – Argief