Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2019 projek – Kleur

Die deurlopende tema vir Oktober se projek is as volg:
1. Kies enige kleur en beeld die kleur uit in jou skryfstuk.
2. Moenie die kleur se naam op enige plek gebruik nie, maar maak van suggestie gebruik. Skets vir die leser ‘n prentjie in hierdie kleur.
3. Versterk jou skryfstuk deur van sinestesie gebruik te maak.
• Gedigte:
Nie langer as 16 versreëls nie.
• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.
• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.
• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.
Groete
Ink-Moderator
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Cliche Tanka

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2019 7

CLICHÉ TANKA

skildertonele
van gebroke sonstrale
drapeer die vlaktes
se godsverlate eenvoud
om ‘n horison cliché

SKOENE VAN GRANATE

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2019 12

Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die…

Kies Jou Kleur

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 9

NOU is die werklikheid en dit is soos ‘n geboorte,
gevul met allerhande soorte probleme en vrees.
In hierdie boek probeer ek vir jou die lewe uitrek,
en om dit te vul met geur en kleur van my eie Ek . . .

Die boek is leeg, die blaaie bleek,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 164 gaste aanlyn

Bydraes – Argief