Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2019 projek – Kleur

Die deurlopende tema vir Oktober se projek is as volg:
1. Kies enige kleur en beeld die kleur uit in jou skryfstuk.
2. Moenie die kleur se naam op enige plek gebruik nie, maar maak van suggestie gebruik. Skets vir die leser ‘n prentjie in hierdie kleur.
3. Versterk jou skryfstuk deur van sinestesie gebruik te maak.
• Gedigte:
Nie langer as 16 versreëls nie.
• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.
• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.
• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.
Groete
Ink-Moderator
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Skarlakenkoors (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 7

Party mense se probleme ontwikkel oor tyd. Ander mense word gebore met hul probleme. Lien is gebore met haar verdriet. Asof die vurige boskasie op haar kop nie erg genoeg was nie, kon Lien dit nie naby die son waag net. Jy kon letterlik vir haar staan en kyk…

Smag na groen gras

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 15

‘n Mengsel van kleure
kleur die mooiste kleurplaat
in die natuur in
stop en kyk en sien die hele prentjie raak

Groenigheid is ‘n simbool van vrede
‘n simbool van lewe
gras en blare
groen is die kleur van liefde

Dit is ook ‘n kleur van dood
wat vergaan in die…

Gebonde in blou – Eduard Smith

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 11

Jy framboos as ek eerlik is
en sê van die mooiheid
waarmee jou kyk
my tydig gebonde hou;
in die blousel daarvan
verdrink ek gedurig,
gedurig as die son
oor ons sterf in karmoesyn.

© Eduard Smith

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 122 gaste aanlyn

Bydraes – Argief