Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2020 OOP-projek

Beste INKers

Oktobermaand bring weer `n oop kategorie en daarom het jy as skrywer vrye teuels.

Daar is GEEN voorskrifte vir:

Gedigte
Gorrel
Rubriek
Artikel
Verhale, nie.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Luister asseblief ook vanaf Sondag 4 Oktober 2020 (om en by 12h15) na http://mytunes.co.za/ vir die eerste weergawe van Inkspraak op potgooi.

Ons gaan weekliks van Ink se lede se verse en verhale voorlees.
Skryf lekker in Afrikaans.
Groetnis
ProjekbestuurderSkryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

perikodo

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2020 5

onseker winde waai oor my duin
soms storm sterk rukwinde
later net konstante
suid-ooste wind
die see pas aan
golwe kom en slaan neer
vorm teue van wit skuim some
wat die sand voed en verdwyn
bakermat vrae word gevra
dowe ore negeer die antwoorde
in kopskuddende ontkenning daarvan

F knoppie op die tikmasjien(silwer)

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2020 8

Graag wil ek jou aandag aflui vandag;
voor ek begin
met die f.f.f.f knoppie op die tikmasjien,
en sou jy dalk
my wou
kapittel
en my f.f.f.f.f
korrigeer
want o.k sonder f.f.f.f.f
is nes so goed
soos nat beddegoed
en ‘n
fokker-plank-vergelyking
wat soms soos ‘n
fanatikus
met…

Sy Plan

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2020 11

Ek skryf met ‘n doodgewone pen
my lewe is ook doodgewoon
wanneer ek rondom my kyk
lyk alles ook doodgewoon

Soms wens ek die lewe was soos ‘n feë verhaal
waar jy die mooiste sprokies uit ‘n boek kon haal
want soms is dit hartverskeurend
die gewone aardse roetine…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 191 gaste aanlyn

Bydraes – Argief