Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2020 OOP-projek

Beste INKers

Oktobermaand bring weer `n oop kategorie en daarom het jy as skrywer vrye teuels.

Daar is GEEN voorskrifte vir:

Gedigte
Gorrel
Rubriek
Artikel
Verhale, nie.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Luister asseblief ook vanaf Sondag 4 Oktober 2020 (om en by 12h15) na http://mytunes.co.za/ vir die eerste weergawe van Inkspraak op potgooi.

Ons gaan weekliks van Ink se lede se verse en verhale voorlees.
Skryf lekker in Afrikaans.
Groetnis
ProjekbestuurderSkryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Soos die see (goud)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2020 7

Moenie weer
woorde oor my gooi
of jou asem stadig
teen my afblaas nie
want hier by die see
moes ek alles vir jou gee

die wind in my hare
die strand op die wand van my hart
‒ selfs die sandbank in my siel
alles moes ek net so…

Vuurtoring se roep na die spoke strand

Deur Datum gepubliseer: 29 Oktober 2020 7

Vuurtoring se roep na die spoke strand

deur Letitia Sachse-Mienie Brons

Die vuurtoring se lig wat my veiligheid moet verseker lei my vanaand na verwoesting. Golwe dans in die skemer op die noot van my verlange. Ver oor die horison sien ek jou lig wat my roep na die strand van…

Leë beloftes

Deur Datum gepubliseer: 29 Oktober 2020 6

Warm toegewoel
op ’n laslappiestoel
het ek deur geslote luike
(deur mistige koue)
wat my wou-wou omvou
na die flambojant gestaar
wat sy takke daarbuite
so ietwat astrant
teen my skoon ruite skraap;
terwyl dit op die monotoniese gesuis
van ’n koggelwind
wat fluister-roep na reën
soos oumanslitte kraak.

Maar,…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 211 gaste aanlyn

Bydraes – Argief