Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2020 OOP-projek

Beste INKers

Oktobermaand bring weer `n oop kategorie en daarom het jy as skrywer vrye teuels.

Daar is GEEN voorskrifte vir:

Gedigte
Gorrel
Rubriek
Artikel
Verhale, nie.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Luister asseblief ook vanaf Sondag 4 Oktober 2020 (om en by 12h15) na http://mytunes.co.za/ vir die eerste weergawe van Inkspraak op potgooi.

Ons gaan weekliks van Ink se lede se verse en verhale voorlees.
Skryf lekker in Afrikaans.
Groetnis
ProjekbestuurderSkryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Kunstenaar

Deur Datum gepubliseer: 29 Oktober 2020 2

In die eklektiese denke
van die kunstenaar
‒ kluisenaar ‒
skrywer en musikant
wat óók kan sien
wat die skare sien;
dieselfde deuntjies
oor en oor hoor
en tog anders
‒ eksentriek ‒
artistiese integriteit
bo materialisme stel,
word blote negatiwiteit
weldeurdag kreatief
tot moontlikheid omskep.

Meesterlik vasgelê
in melodieë en kleur,
of vrye verse
waar digters gebroke
tower met woorde
om emosies poëties
en metries te bevry
soos hulle inspirasie
in…

Immergroen

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2020 9

jou omgee versprei
soet soos die reuk
van ‘n yesterday, today and tomorrow
tussen jou hartsmense
waar jou koestering
menigte harte
se honger stil

jou gebede verfris
nes die eerste lentereën
na ‘n lang droë winter
en jou tuiste bied
‘n lafenis
vir ‘n dorstige siel

“and honey, your soul
could…

Disa blom

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2020 8

Dit is ‘n bedrywige dag op oom Sampie se plaas, vandag is die groot dag waaroor hy al soveel jare droom. Hy trou vandag met tannie Cotie van Hexsrivier vallei se kontrei. Vandat hy ‘n seun was het hy al probeer om haar sy meisie te maak, maar tannie…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 223 gaste aanlyn

Bydraes – Argief