Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2020 OOP-projek

Beste INKers

Oktobermaand bring weer `n oop kategorie en daarom het jy as skrywer vrye teuels.

Daar is GEEN voorskrifte vir:

Gedigte
Gorrel
Rubriek
Artikel
Verhale, nie.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Luister asseblief ook vanaf Sondag 4 Oktober 2020 (om en by 12h15) na http://mytunes.co.za/ vir die eerste weergawe van Inkspraak op potgooi.

Ons gaan weekliks van Ink se lede se verse en verhale voorlees.
Skryf lekker in Afrikaans.
Groetnis
ProjekbestuurderSkryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Oestyd na droogte (goud)

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2020 8

Het ek my verbeel
of het jou kruiphand
my middel omsingel
— jy my lyf lankenlangs
nader getrek tot duskant jou horisongrens
diep verby jou ongetemde binnewand

het ek my verbeel
of het jou woorde te swaar geraak
tussen die veldblomme wat jy
in hierdie ontspoorde oestyd
so gereeld in…

Kompas Cowboy (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2020 20

vrouman is n cowboy
‘n kaartman inklusief
hy speel in na-nagure
en skryf sy naam kursief

sy dryfding is sy baby
almal kan maar staar
old spice is sy perfume
hy drink milkshakes in die bar

om sy nek ‘n goue ketting
wat sy adamsappel vlei
sy boots is blink met…

Die dorpdigter (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2020 6

Die digter op die dorp
het almal in ‘n knoop.
Dis sy spottery met siekte
wat alger daartoe noop.

Dit het begin met Covid
toe oom Piet die siekte kry;
kort na die begrafnis
het dié wraakgedig gedy:

“‘n Selfgemaakte masker
dié het die oom versmoor;
die tannie lyk maar alte…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 134 gaste aanlyn

Bydraes – Argief