Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2021 – Akrostiese projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die Akrostiese kuns in ons werk ondersoek.
In Akrostiese digwerk sal die eerste letter in elke sin ‘n spesifieke woord versteek.

Dit is nie juis gebruiklik in Prosa nie maar ek gaan probeer om daardie afdelings ook bietjie interessant te maak.

U opdrag dus:

DIGTERS
1. Skryf ‘n akrostiese gedig waar die woord “Oktober” of “Oktobermaand” jou “versteekte” woord vorm.
2. Ek deel ‘n hieronder ‘n voorbeeld:
Onder die eike
Kruip woorde
Tussen blare weg –
Ons stil stories
Bedel ‘n weer-hoor;
Elk’ vokaal
Resoneer amper kaal
Metafories vaal,
Amper asof
Asemweg en lugloos
Niks meer heel en mooi
Daaruit gebaar kan word nie.
©Inkmoderator

GORREL:
Leipoldt het beweer, in een van sy gedigte dat Oktober die mooiste, mooiste maand is. Ek wil hê jy moet met hom stry in jou gorrel dat dit nie waar is nie.

ARTIKELS:
Oktobermaand word jaarliks in Duitsland gevier. Skryf ‘n goed-nagevorsde artikel oor enige jaarlikse fees wat op enige plek in die wêreld gevier word.

RUBRIEK:
Skryf ‘n rubriek oor hoe jy reeds in Oktober bewus gemaak word van dat dit amper weer Kersfees is.

VERHALE:
Skryf ‘n verhaal waarin een van jou karakters se naam “Oktober” is.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

OKTOBERMAAND (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2021 11

Oktobermaand

Ons stap hand-aan-hand:
Krakend die Jakaranda blom
Tussen kaalvoet en teer
Ontmoet ons drome mekaar
Binne die realiteit van
Ek-en-jy
Raak ons weg in die
Mooi van ons eie sprokie-verhaal
As ons hand-aan-hand
Aanstap na die
Nimmereindigende
Droom van ons verhaal

©Marlene Erasmus
31/10/2021

God is Lente

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2021 11

 

Dis amper kersfees, kan jy dit glo. Winkel vensters en rakke is vol versierings, en ieder en elk begin al oorloop van ‘koop’. Die reeds kleurvolle natuur, is ‘n teken dat die fees viering om die draai is. Net soos al die bome versier is met nuwe groen blare,…

Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2021 9

Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees?

Ek is versot op Kersfees en al die lekker dinge wat daarmee gepaardgaan. Ek kan gewoonlik nie wag dat die spesiale seisoen van die jaar aanbreek nie. Aan die anderkant vang die idee van Kersfees my hierdie jaar my amper bietjie onverwags….

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 111 gaste aanlyn

Bydraes – Argief