Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober 2021 – Akrostiese projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die Akrostiese kuns in ons werk ondersoek.
In Akrostiese digwerk sal die eerste letter in elke sin ‘n spesifieke woord versteek.

Dit is nie juis gebruiklik in Prosa nie maar ek gaan probeer om daardie afdelings ook bietjie interessant te maak.

U opdrag dus:

DIGTERS
1. Skryf ‘n akrostiese gedig waar die woord “Oktober” of “Oktobermaand” jou “versteekte” woord vorm.
2. Ek deel ‘n hieronder ‘n voorbeeld:
Onder die eike
Kruip woorde
Tussen blare weg –
Ons stil stories
Bedel ‘n weer-hoor;
Elk’ vokaal
Resoneer amper kaal
Metafories vaal,
Amper asof
Asemweg en lugloos
Niks meer heel en mooi
Daaruit gebaar kan word nie.
©Inkmoderator

GORREL:
Leipoldt het beweer, in een van sy gedigte dat Oktober die mooiste, mooiste maand is. Ek wil hê jy moet met hom stry in jou gorrel dat dit nie waar is nie.

ARTIKELS:
Oktobermaand word jaarliks in Duitsland gevier. Skryf ‘n goed-nagevorsde artikel oor enige jaarlikse fees wat op enige plek in die wêreld gevier word.

RUBRIEK:
Skryf ‘n rubriek oor hoe jy reeds in Oktober bewus gemaak word van dat dit amper weer Kersfees is.

VERHALE:
Skryf ‘n verhaal waarin een van jou karakters se naam “Oktober” is.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Holi-fees: Fees van kleure in Indië. (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2021 14

Holi-fees: Fees van kleure in Indië.

ʼn Land waar daar ʼn verskeidenheid van feeste plaasvind, is Indië. Een van die wêreld se kleurrykste feesvieringe vind in Indië plaas. Die fees staan bekend as die Holi-fees. Die fees word gevier ter herdenking van ʼn oorwinning van “goed oor sleg”. Tydens die…

Vir die reën

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2021 11

Oscar was gefrustreerd. Hulle sê “die lewe is wat gebeur wanneer jy ander planne maak” en Oscar kan definitief daarvan getuig. Sy planne was om ‘n tweede praktyk oop te maak. ‘n Verskil te maak in die wêreld. Ryk te word. Maar toe kom sý in sy lewe. Min…

Werfkotiljons * (*ook gespel – werfkotteljons) Silwer 208 woorde

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2021 8

Oktobermaand. Die mooiste, mooiste maand. Leipoldt het nie in Alberton gebly nie. My grasbesem lyk asof dit deur die weerlig getref is. Ek vee elke dag die agterstoep om te keer vir die gras en blare wat kinderlik in die wind baljaar. Stof lê duimdik oor elke…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief